Die Blanke Afrikaner – Debat

Die volgende is uittreksels van ‘n laaaaaaang debat  (mis/klip gooiery) op die volgende blog:

http://rozmeyer.wordpress.com/2012/11/24/n-volkstaat-waarom-en-hoe/

Om nou daar kommentaar te lewer is chaos. Dus open ek die inskrywing vir die wat nog lood het om te gooi.  Heel eerste sal ek my eie lood gooi en sien of die “debat” voete kry. Terloops, handskoene is af en kaalvuis is die enigste manier.

Inskrywings geplaas op bogenoemde blog en dan my reaksie (>>>):

 

Quintin Diederichs

In Orania se grondwet, wat meer as 21 jaar gelede geskryf is, staan daar baie duidelik dat RAS nie aan Afrikanerskap gekoppel word nie. Nerens het ek of enigiemand gese dat Orania oop is vir nie-blankes nie. Jy lees wat jy wil lees en het nou besluit dat ons dink  ons ‘n veelrassige volk is – NERENS het ek dit gese of bepleit nie. In teendeel, ek is teen veelrassigheid gekant want in praktyk is veelrassigheid direk gekoppel aan ‘n multikulturele sameweling. Ek het by meer as een geleentheid gese dat die uitsondering nie die reel is nie

>>> Wat is dan so moeilik om te erken dat Orania EINTLIK bedoel is vir Blanke Afrikaners ? Sou die uitsondering op die reel (Daai pikswart “Afrikaner”) waar word, dan is daar mos geensins fout as hy/sy voortplant met jou dogter/seun nie ? Hy/sy is mos deel van die Afrikaners en Oraniers ?

_____

Ben le Roux

Arnie, vir jou en al die manne van die super witras, daar bestaan doodeenvoudig nie so iets soos ‘n “witras” nie, wat nog te sê van super!

>>> Oom Ben. Nie Arnie of enige ander persoon het gesinspeel op ‘n super wit ras nie ? DIT het jy gesê. Ons praat van BLANKE Afrikaners. En sou ek my verstout om te sê: Het die blanke Afrikaner nie Suid Afrika bewoon nie, was daar tot nou toe nog fokol. Die swartes / khois sou nou nog met velletjies om hulle boude die veld ingevaar het opsoek na vanaand se ete. Van opvoeding / geleerdheid sou daar nie  sprake gewees het nie.  Nogals baie soos dit wat alweer besig is om te gebeur in die “nuwe” SA.

_____

Quintin Diederichs

Ag, Arnie, nou praat jy sommer snert! Net omdat jou rassistiese ideologie nie met ‘n dawerende aplous verwelkom is nie beteken nie dat ons ‘n toe-deur beleid het nie. Alles behalwe!

>>> Quinten, my “ou”, soos jy na my verwys. Of was dit nou ek wat nie verder as my neus kan dink nie ? Jy het jou ware kleure gewys. Op die man af agresief.

_____

Ben le Roux

JAgternw niemand op die bestuur van die Orania Beweging of dorpsbestuur het sovêr aan hierdie debat deelgeneem nie. Niks word ook weggesteek nie en daar is nie ‘n “elite” wat toutjies trek nie.

>>> Lees die volgende inskrywing:

Quintin Diederichs

As lid van die Orania Burgerraad is dit vir my ‘n belangrike saak dat mense nie wanpersepies koester oor Orania en die Orania Beweging nie.

>>> Ek sou dink Quintin het nogals ‘n lyf om te gooi in Orania ? Hy is ‘n “gesiene” man in Orania ?

_____

Quintin Diederichs

Hoekom wil jy aanspraak maak op blankeskap as jy self nie eens ‘n suiwer blanke is nie of ‘n suiwer Europese taal praat nie?

>>> Ek is blank / wit. EK praat nie van ‘n suiwer ras nie. Ek praat van suiwer Blanke Afrikaner Boer. Terloops, is Duits nie ‘n suiwer Europese taal nie ? Dit word dan saam met Engels en Nederlands op dieselfde skaal geplaas ?Ek praat Duits ook. Stadig maar seker is jy besig om ‘n hele paar Blanke Afrikaners lekker die moer in te maak .

_____

 

Gerhard

Ben net n korreksie….. Dit is nou nie juis asof ek orania se naam slegmaak op Praag nie.

Ek weet nie waarom is julle nou so kwaad nie. Ek was maar net van mening in my lang skrywe dat ek simpatie het met beide Arnie en julle (Quinton, Ben et al). Dus kan ek beide se argument tot n mate verstaan……

>>> En dan volg ….

Quintin Diederichs

Beslis nie… Om die ideaal en strewe van jou hardwerkende volksgenote in Orania af te kraak as minder as ‘n staatlose Amish gemeenskap is vir my en enige Afrikaner met bietjie trots in hom of haar totaal onaanvaarbaar. Tel jou 2 sent op en trap!

>>> Agresief ne ?!  Is dit hoe ‘n beskaafde “Afirkaner” debateer ?

_____

Ben le Roux

Gerhard, Orania spel mens met ‘n hoofletter! Ons is nogal sensitief daaroor hoor, dit of om van Oranja te praat maak ons kwaat, kwaat, kwaat!( Toemaar ek grap sommer).

>>> Kwaad, kwaad, kwaad Oom Ben. (Ek grap ook maar net)

_____

Daarsy ! Haal jou handskoene af en gaan groot. Elke woord kommentaar sal automaties geplaas word.  Hier is geen moderasie nie.

 

Gerhard

Ben net n korreksie….. Dit is nou nie juis asof ek orania se naam slegmaak op Praag nie.

Ek weet nie waarom is julle nou so kwaad nie. Ek was maar net van mening in my lang skrywe dat ek simpatie het met beide Arnie en julle (Quinton, Ben et al). Dus kan ek beide se argument tot n mate verstaan……

>>> En dan volg ….

Quintin Diederichs

Beslis nie… Om die ideaal en strewe van jou hardwerkende volksgenote in Orania af te kraak as minder as ‘n staatlose Amish gemeenskap is vir my en enige Afrikaner met bietjie trots in hom of haar totaal onaanvaarbaar. Tel jou 2 sent op en trap!

>>> Agresief ne ?!  Is dit hoe ‘n beskaafde “Afirkaner” debateer ?

_____

Ben le Roux

Gerhard, Orania spel mens met ‘n hoofletter! Ons is nogal sensitief daaroor hoor, dit of om van Oranja te praat maak ons kwaat, kwaat, kwaat!( Toemaar ek grap sommer).

>>> Kwaad, kwaad, kwaad Oom Ben. (Ek grap ook maar net)

_____

Daarsy ! Haal jou handskoene af en gaan groot. Elke woord kommentaar sal automaties geplaas word.  Hier is geen moderasie nie.

 

Laatmiddag keuses

Nog ‘n verhaal (feitlik) uit die pen van my neef.

Laatmiddag keuses

 

Dis laat middag toe ek hom sien, eintlik te laat, maar ek het al baie vêr geloop en hy is mooi. Verstommend, bly hy staan, ek skat net oor die 80 treë, effens skuins en hou die bors net reg vir die koeël. Ek besef hier is nie nou kans vir boom of ander dooierus nie, ek weet hy sien my en ek weet dit is sekondes voor hy daardie lang spiraal horings agter toe gaan gooi, blaf en laat waai.

 

Die feit dat dit amper al te laat is maal deur my kop terwyl die 375 stadig skouer toe kom. Ek besef dat as ek nie nou behoorlik raak skiet nie, dit ʼn droewige nag gaan word; daarvoor het ek nie lus nie. Die kruishaar kruip op tot waar ek wil hê die koeël moet in, en asof vanself skuif die FN se veiligheidsknip vorentoe en my snellerhand begin toemaak.

 

Skielik is hy net weg, sommer netso en sonder blaf, ek hoor nog een keer die takke teen sy horings klap en dan is dit net die bos met sy geluide wat hom ingesluk het. Ek wil vir ʼn oomblik my voet stamp uit frustrasie, maar dan besef ek dat dit mos is waaroor jag gaan. Dit was so hittete of hy was myne en vinniger kon ek nie gemaak het nie, dink ek terug aan die oomblik. Ek glimlag, maak die geweer veilig en gooi dit oor my skouer. Die dag se jagtyd is nou verby en ek stap terug kamp toe. Vanaand se kampvuur whiskey sal, na ʼn lekker stort, net nog lekkerder afglip.

 

Ek stap na die naaste pad en stoot aan. Dis nog ʼn hele ent se stap en ek het nie lus vir in die donker loop nie. Ons het juis gisteroggend mooi luiperdspore naby aan die kamp gekry en vir dié ou katjie het ek ʼn heilige respek.

 

Soos ek stap beleef ek weer die dag se jag. Dit was my beurt om die oggend se sessie uit te sit en was brunch my taak. Die skilpadjies en wors het goed afgegaan saam met die eiers en plaasbrood. Ek is nie eintlik lief vir die middag sessie nie omdat dit kort is en ek my altyd verbeel dat die bokke meer sku is as in die oggend.

 

Ook het ek nog altyd meer slange teëgekom in die middag as in die oggend en onwillekeurig dink ek terug aan daardie moerse pofadder daardie een middag op ʼn pragplaas naby Vaalwater. My hoendervleise slaan sommer vars uit as ek terugdink aan hoe amper ek op die ou grote getrap het. Ek kan nou nog nie glo dat my ou dik lyf so vêr kon spring nie.

 

Onwillekeurig kyk ek af grond toe en skielik uit die hoek van my oog vang ʼn beweging in die bos my. Ek gaan staan en voor my, seker weer so 80 treë, kom ʼn pragtige koedoebul uit die bos en gaan staan plankdwars. Twee bulle in een dag. Ek sweer hierdie is dieselfde bul en dit is asof sy manier van na my kyk, dieselfde sê.

 

Ek skud my kop en stap verder, reguit in sy rigting en hy bly staan. Dit het ek nog nie teëgekom nie en ek steek weer vas; vir ʼn hele paar sekondes staan ons mekaar so en beloer en toe verdwyn hy in die skemerte met ʼn grasieuse sprong die bos in. Ek het êrens gehoor dat dit ʼn koedoe se ding is: hy weet wanneer jy hom jag en wanneer jy nie gaan skiet nie. Ek het nog altyd gedink dat dit ʼn wolhaarstorie is maar nou begin ek wonder. Wat ʼn lekker middag!  

 

Die volgende dag is ek vroegoggend uit die vere en na ʼn lekker koppie koffie vaar ek die bos in. Ek hou van stadig stap en mooi kyk. Ek wil die bokke sien voordat hulle my gewaar. Daar is vir my geen beter jagervaring as om ʼn bok te skiet terwyl hy geen benul het van my teenwoordigheid nie. Dit maak partykeer vir lank loop en vêr kruip, maar dit is wat jag vir my is.

 

So net tien minute uit die kamp uit loop ek my in ʼn trop rooibokke vas. Ek bekruip hulle rustig en kry ʼn lekker dooierus plekkie so op 70 treë. Ek skiet ʼn ram wat besig is om aan ʼn tak te vreet, deur die nek en hy sak net daar inmekaar. Die res van die trop skrik en kom reguit na my toe aangehardloop. Ek is al as kind geleer om onmiddellik ʼn vars patroon in die loop te druk die oomblik wat die eerste skoot klap. Dit is nou al so ʼn gewoonte dat ek dit doen sonder om daaraan te dink. Toe die aankomende bokke so 20-treë van my af is besef hulle skielik dat ek daar is en steek vas. Ek skiet ʼn jong ram deur die kop en die ander spaander verward weg.

 

Ek maak die geweer veilig en stap terug kamp toe om die bakkie te gaan haal. Daar aangekom kyk die manne my vraend aan en ek vertel. Een sê vir my dat hy met die klap van die eerste skoot op sy horlosie gekyk om te sien hoe laat dit is en toe die tweede skoot klap het hy weer gekyk en dit was presies 10-sekondes na die eerste skoot. Tien minute uit die kamp uit en twee bokke. Ek het nog nie eers begin sweet nie. Dit was my oggend en ek het dadelik aan een van die ander ouens, wie se beurt dit was om die oggendsessie uit te sit, kans gegee om met dié sessie aan te gaan. Dit was nog baie vroeg en die son was pas op.

 

Daardie middag bied hy my sy stapsessie aan en gedagtig aan daardie koedoe, aanvaar ek dankbaar. Met die windrigting soos wat dit was sou ek opstap tot teen die lyndraad en sou die manne my skemer daar kom soek. Dit was een van my gunsteling gedeeltes op die plaas en ek het al ʼn hele paar bokke daar doodgeskiet. Hierdie middag was egter die uitsondering. Daar was niks om te skiet nie en ek het my stadige stappie deur die bos baie geniet. Net voordat ek besluit dat jagtyd verby is, loop ek my egter in ʼn trop blouwildebeeste vas.

 

Ek begin bekruip maar kry net nie ʼn skoot in nie. Dit is ʼn groterige trop en telkens is daar ʼn dier in die pad van of agter die een waarna ek wil skiet. Die jagtyd tik verby maar ek is vasberade om een te skiet. Dis die laaste dag van die trip en met net drie rooibokke soek ek nog biltongvleis. Ek besef dat blouwildebees se kind ʼn taaie kalant is en besef ook dat ek baie seker moet maak van my skoot so laat in die middag.

 

Na ʼn lang gesukkel gaan staan daar ʼn mooierige bul eenkant en ek lê aan. Deur die teleskoop besef ek skielik egter dat ek so besig was met die bekruipery dat ek in geheel rekening verloor het met die feit dat dit al sterk skemer begin word het en nie meer jagtyd nie. Die kruishaar wil net nie lekker op die donker bok vassteek nie en ek besluit om nie te skiet nie.

 

Al is dit die tweede bok van die trip wat my in die skemer snoeker bly ek dankbaar dat ek nie geskiet het nie. Waar kry jy daardie bok as dinge verkeerd loop en hoe gaan hy nie ly nie. Nee, dan is vashou maar eerder die regte ding. Geen bok verdien die risiko om op so wyse, dood te gaan nie. Of dit nou ʼn behoefte aan vleis is of ʼn ego wat gestreel moet word, hou maar eerder vas as dit begin laat raak. Jy gaan jouself skop as jy die bok verloor omdat jy nie beheer toegepas het nie. Nie net is dit ʼn vermorsing van die bok se lewe nie maar ook die geld wat jy gaan betaal vir iets wat nie yskas of muur toe gaan nie.

Respek 21 Rated

*Moerse sug*

 

Respek

So Stoofneus (let op die hoofletter) meen ons, en as jy jouself nie as “ons” ag nie, TATTA HASIE (Cheers Hanskakie).

Hoe de moer wil jy hê enigiemand moet respek vir jou hê ? Hoe de moer wil jy hê enige burger van SA moet respek hê vir julle spul hansworse ? (Ape / idiote / sotte / ….) Wat het jy/julle gedoen om respek te verdien ? FOKKOL. Presies dit wat die ANC tot hierdie land bygedrae het sedert 1994. FOKKOL. Julle bydrae is om ALLES te belas. Die wat wel werk en ‘n inkomste verdien moet sorg vir die etters wat fokkol beteken.

Swellendam

Vir 16 jaar verseker ‘n witman dat die …….. mense (???) vleis en benodighede teen ‘n billike prys by hom kan koop. Wat doen hulle om “respek” of “dankbaarheid” te wys ? BRAND die witman se plek af. So waar gaan julle nou vleis koop ? “Ny my lanie, ons heti gedenk ni”. Diere.

Diere

Ons moet respek hê vir mense wat sulke gedrag toelaat. EN JA ANC gespuis, JULLE laat dit toe. Een ope vraag: WAT het julle gedoen omtrent die wettelose stakings by Amplats se myne ? FOKKOL. Wat doem julle omtrent die geweld/moord van bejaardes ? FOKKOL. Maar ons moet respek betoon ? FOKKOF sleg moere. Respek word verdien, nie afgedwing deur wette en belasting nie.

Elke dorp / stad in SA het tehuise waar mense bly wat nie vir hulself kan sorg nie. Wat is JULLE bydrae ANC ? FOKKOL. Ons witmense drae ons eie mense, EN julle sleg moere elke dag. Genoeg is verdomp genoeg.

Kwaliteit in SA se skole is om die minste te sê KAK. Maar 2 onderwysers per skool moet gee pad want hulle is onnodig. My fok. Blade stoofneus, fok jou. Nie JY of enige van jou regerings amptenare verdien ‘n korreltjie respek van my nie.

Nuwe Spesie

 

Ja dit is ‘n nuwe spesie. 

 

Hulle word “homo-slapgat-erectus” genoem en dit is ‘n natuurlike genetiese evolusie veroorsaak deur ‘n konstante slap houding in die agterstewe, wat veroorsaak dat die hele bekkenbeen afsak weens gravitasie. Ongelukkig het dit tot gevolg dat die voortplantingsorgane saam sak en op die grond begin sleep en daarom sal jy vind dat bitter min van hierdie fratse meer testikulêre organe besit en ook bekend staan as “geen-ballas-sapiene” of in Engels “grow-a-pair-sapiens” 

People VS Government

Galbraak 2

So gaan my galbraak sessie verder.

Lees die pot stront: SA Dienslewering

Wdf ? Dink die stortkop ons is onnosel ? “Geen land kon die dienste lewer wat ons in 18 jaar gelewer het nie,”

Presies, julle spul ANC etters kon fokol regkry en fokol lewer nie. Dienste my gat. Nou die dag moes ek her-aansoek doen vir my vuurwapen lisensies… Vingerafdrukke word nog met ink geneem (nugter weet hoekom hulle ELKE keer moet afdrukke neem) en dan is daar FOKOL seep om jou hande te mee te was nie. Ons paaie is opvrot. Ek praat nie eers oor die krag situasie nie. Eskom Stres.

Plaasmoorde. WAT het die regering gedoen om die moorde te laat verminder ?

Moord1.  Moord2.  Moord3.

Grond hervorming. Waar het die “nuwe” eienaars ‘n volslae sukses behaal ?

En dan het die uwe stortkop die vermetelheid om te sê die probleme is apartheid se skuld ? Jou moer man.  Jy kos ons belastinbetalers R103 544 000 elke jaar. (Sien Huisgenoot 6 Sept 2012). En dan wil jy die pot kak kom kwytraak ?

Dubbel whiskey en ys asseblief ….. Sommer ‘n rennie ook om die gal mee af te spoel.

 

 

 

Galbraak

Dagsê. Dit is loslit dag en meeste van die mense waar ek werk het moeite gedoen om “anders” te lyk. Baie is see rowers, kapteine en een het wragtig soos ‘n boer aangetrek. Verbeel jou, Vellies, hoog opgetrekte kouse, kam in kous, kortbroek met kruisbande wat oor die pens span, breërand hoed en pyp in die mond. O ja, bekfluitjie in die gatsak. Al wat uitstaan is die swart vel.

Maar ek wil galbraak. http://afrikaans.news24.com/Afrika/Nuus/Zim-wil-miljarde-by-SA-leen-20120907

Ekskuus ? Hierdie fokken sirkus word net al hoe groter ? Daar is nie meer een of twee hoof narre nie, daar is BAIE.

Ek haal aan uit die berig: Die Zimbabwiese regering moet voor die einde van die jaar R3 miljard bekom om jaarlikse bonusse te kan betaal. Wie en watse bonusse ? Watter een van daai spul etters het GEWERK om ‘n bonus te verdien ? Fok. Hulle jaag al die wit boere weg, fok die land op en verwag ‘n ander land moet help om hulle fokken BONUSSE te betaal ? Etter.

Nou gaan ek rook, vuurmaak en ‘n lekker vleisie braai. Viva Loslitdag !

Sewe dinge (7 !)

Nou ja. Hoendersop het my wragtag gekry om iets te plaas. Dankie Hoendersop  vir die pragtige “award” en die passie wat jy het om MY blog te lees. 🙂

So ruk terug (laas jaar) het ek al aan ‘n soortgelyke skrywe deelgeneem (fok, is blog ‘n sport?). 7 Aanwendsels .

Party het dit afgelag en ander het verstik aan die speeksel sliert na hulle van die toilet af gekom het.

 

So hier gaan ek:

  1. Ek was in drie verskillende laerskole en twee verskillende hoërskole. Dit was nogals sleg. Veral toe ek aan die einde van St9 my matriek in ‘n nuwe skool moes begin. Nuwe vriende ens …. glad nie maklik nie.
  2. Ek werk by ‘n maatskappy wat ‘n hele paar metale en ander goette uit die grond grou. Nogals naby aan die “bloed koppie”. En nee, ek is nie ‘n torchkoppie nie.
  3. Ek drink alles saam met ys, selfs my bier. Winter of somer.
  4. Ek probeer rooiwyn versamel, die oudste is gebottel in 1976 – my geboorte jaar.
  5. O ja, ek is natuurlik mal oor tjorre. Veral die wat met batterye of ‘n klein engintjie werk. In my studeerkamer is ‘n boekrak vol.
  6. Kom ek trap bietjie op tone… Ekke rook, lekker. Nie by my hol uit nie, sigarette. Die wat so kla oor rook, kla julle oor die trokke se rook ? Busse ? Diesel tjorre ? Dit is ook my reg om op ‘n sagte stoel in ‘n luukse restaurant te sit en aan ‘n sigaretjie te teug. Maar nee, fok jou jou vieslike roker – voertsek buitentoe en plak jou gat op ‘n hout bankie, ons het ongelukkig nie plysters vir die splinters wat in jou gat gaan steek nie. Vat so. Lekker in die nuwe SA, steel, maak dood, toi-toi… MAAR moet asseblief net nie rook nie.
  7. In matriek het ek waterpokkies gekry, een pokkie was so wragtag net daar waar hy nie moes wees nie. So oppie punt.

So ja, nou gaan ek die volgende top bloggers nomineer vir ‘n Reader appreciation award:

Iemand moet tog vir my verduidelik hoe daai “ping back” of so iets werk. Hoe kry hierdie mense hulle award kennisgewing ??

Dis hoe die speletjie werk:  (Hierdie stukkie het ek by iemand anders gesteel.  Dankie Soppie) Plagiaat 100%

  1. Kopieër en plak die toekenning op julle blog.
  2. Gee erkenning aan die wat dit vir jou gegee het deur hulle te link( of te tag of watookal met daardie kettingdingetjie)
  3. Skryf oor 7 van jou sondes, of 7 besonderse dinge van jouself, en
  4. Nomineer 5 ander bloggers vir die toekenning.

WTF ? WDF ? Huh ? !!

‘Vroue, maak julself lelik om MIV te keer’

2012-05-15 07:21

 
 

Vroue moet hul koppe skeer, gewig verloor en slordig aantrek om minder aantreklik te wees as deel van maatreëls om die verspreiding van MIV te keer, het ’n Zimbabwiese politikus gesê.

 
The Herald het die naweek berig Morgan Femai, ’n MDC-lid, het tydens ’n slypskool aan parlementslede gesê MIV versprei vinnig omdat mans dit al hoe moeiliker vind om vroue te weerstaan.

“Ek stel voor dat die regering ’n wet deurvoer wat vroue dwing om hul koppe kaal te skeer soos wat die Apostoliese sektes doen.

“Ons het nog nooit gehoor dat dié mense (die sektes) losbandig is nie, so vroue moet hul koppe skeer.

“Hulle moet ook nie bad nie, want dit is wat al die probleme (die verspreiding van MIV) veroorsaak het.”

Hy het bygevoeg vroue moet besny word omdat “hul geslagsorgane klammer is”.

“Daar moet navorsing gedoen word oor hoe om dié klammigheid te hanteer omdat dit bakterieë laat broei.”
 

Papierkind se gedig

‘n Vriendelike mensie daar doer uit Kuruman se wêreld pos vir my die pragstuk:

Jagstryd

In die rooi Afrika-sand dans gesigte,
Dit vertel stories van ‘n duisend bokke, oud en jonk,
Met die oggendstond, koud en mistig,
Sien hy ‘n springbok agter ‘n doringbos pronk,

Hy vee oor die pêrels van sweet op sy voorkop,
Hy lê aan en vou sy hand oor die kolf,
Die swart kruis soek-soek deur die versier,
Dis die tweestryd wedstryd tussen man en dier,

Hy sit sy vinger op die sneller en die eindfleitjie blaas,
Met trots in sy keel hoor hy hoe sy pelle raas,
‘n Oorwinningslied, uit die geklink van bier,
Nog ‘n tweestryd wedstryd tussen man en dier…

http://papierkindjacomari.wordpress.com/2012/04/28/jagstryd/