Dit maak my naar

‘Help Mamma. Sny my los,” het ’n Pretoriase vrou haar geskokte vierjarige seun gevra nadat twee rowers haar aangerand, vasgebind en die een haar onsedelik aangerand het.

Sy het haar bewussyn tydens die aanranding verloor en is in die badkamer toegesluit.

“Toe ek bykom, het my kind huilende by my gesit,” het die betraande ma gister buite die Pretoria-landdroshof vertel nadat die twee aanvallers tronkstraf opgelê is. “Hy moes my los- sny. Hy het al hierdie goed aanskou.”

John Antonio Muchanga (33) en Moses Muthuke (28), Mosambiekers wat in Mamelodi-Oos in Pretoria bly, is skuldig bevind op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en menseroof.

Muchanga is ook skuldig bevind aan onsedelike aanranding.

Die hof het gehoor hoe die vrou in September 2005, nadat sy gebad het, in haar kamerjas uit die badkamer van haar Faerie Glen-woning gekom het.

Die twee mans het haar oorval. Sy is met ’n vuurwapen geslaan en met ’n tou gewurg en Muchanga het haar betas.

Sy is so erg aangerand dat sy haar bewussyn verloor het.

Luidens ’n slagofferimpakverslag vrees die klaagster steeds elke keer wanneer sy moet bad.

Sy het na ’n ander provinsie getrek omdat sy nie meer veilig voel in Pretoria nie.

“Sy voel uitermate geskend en is afhanklik van medikasie vir haar emosionele welstand,” is in die verslag beskryf.

Luidens die mediese verslag is die vrou se voortande gebreek en daar was bloeding en kneusing op haar een oor en wang.

Twee gaatjies in haar tong was bewys van die tou wat in haar mond gedruk is, terwyl merke op haar knieë bevestig het hoe sy op die grond gegooi is.

Daar was ook kneusplekke in die vorm van vingermerke op haar een arm.

Landdros Kallie Bosch het in sy uitspraak nie doekies omgedraai nie toe hy opgemerk het hoe Muchanga die vrou, “terwyl sy nakend op die vloer lê”, onsedelik aangerand het.

“Jul optrede het haar lewe in ’n oogwink verander. Haar totale menswees is daardie dag aangetas. Haar kind is blootgestel aan dié trauma en moes ook terapie ontvang. Dít is wat jul sinlose daad aan die gesin gedoen het,” het Bosch gesê.

Hy het bygevoeg dat, weens mense soos die beskuldigdes, “geen persoon in dié land” saans met ’n geruste hart kan slaap nie.

Hy het wel in ag geneem dat die mans meer as vyf jaar verhoorafwagtend in aanhouding was. Muchanga is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis en Muthuke tot 13 jaar.

Is dit wat mense aan mense doen ?

Ek is baie jammer, maar dit is nie menslik nie. Dit is barbaars en afskuwelik. Diere doen dit nie eers aan mekaar nie.  Die vrou gaan dit vir die res van haar lewe onthou waar die twee fokken sleg Mosambiekse skuim elk 13 en 14 jaar in die tronk gaan sit. Pateties.

’n Polisievrou van Bloemfontein is eers beroof en met ’n mes gesteek, maar het nog geleef terwyl haar drie aanvallers haar een ná die ander verkrag het, blyk uit ’n verklaring wat gister in die Vrystaatse hooggeregshof uitgelees is.

 Die gebeure wat die moord op mev. Amelia Henning (36), ’n administratiewe klerk in die Mangaung-polisiekantoor en ook ’n polisiereservis, die nag van 23 November verlede jaar in ’n stuk veld in Pasteurrylaan in Hospitaalpark voorafgegaan het, word in fyn besonderhede in die verklaring beskryf.

Oor die toelaatbaarheid van dié verklaring van mnr. Lucky Nkgwedi (19) moet waarnemende regter E.M. Kubushi nog beslis, want hy beweer hy is deur die polisie aangerand en het die bewerings daarin uitgedink om te voorkom dat hy weer met ’n elektriese toestel geskok word.

Hoewel Nkgwedi gister die inhoud van die verklaring ontken het, het adv. Silas Chalale dit aan hom gestel dat sy beskrywing van wat gebeur het heeltemal inpas by die moordtoneel wat agtergelaat is.

Lt.kol. Dirk Crafford van die eenheid teen georganiseerde misdaad van die polisie in Bloemfontein het die verklaring by Nkgwedi afgeneem en getuig dat hy geen teken van aanranding kon sien nie en dat Nkgwedi ook nie daarvan melding gemaak het nie.

In die verklaring sê Nkgwedi hulle het gekyk vir huise om by in te breek toe hulle die vrou sien loop het. Hulle is agter haar aan en het haar gevang.

Mnr. Seanette Masginini (23), sy medebeskuldigde, het haar met ’n mes gedreig en geld gevra. Sy het haar handsak oorhandig. Mnr. Thabo Mokoena (18) het dit by haar gevat.

Mashinini het haar aan die gordel gegryp terwyl Mokoena haar deurgesoek en twee selfone gevat het.

Mashinini het haar toe geklap en toe sy skreeu, het Mokoena haar met ’n mes gesteek. Mashinini het haar ook gesteek. Sy het geval.

Hulle het haar vasgedruk en Mokoena het die mes vir Nkgwedi gegee om haar dood te steek.

“Ek het haar gesteek by die body, maar nie dood nie. Thabo het haar mond toegedruk.

“Ons sleep haar by die veld. Sy lewe toe nog.”

Nkgwedi het toe haar mond toegedruk, terwyl Mashinini haar hande vasgehou en Mokoena haar broek uitgetrek het.

“Hulle sê ek moet eerste gaan. Ek het toe eerste gegaan en haar verkrag. Toe ek klaar is, het Thabo haar ook verkrag. Toe Thabo klaar is, het Seanette haar verkrag.”

Terwyl Mashinini besig was, het Nkgwedi en Mokoena by ’n boom daar naby gaan sit.

“Sy het nog gelewe. Ons hoor toe sy skreeu en ek en Thabo het weer gegaan waar Seanette by haar was.

“Toe ons daar kom, het Seanette bo-op haar gesit en hy steek haar.

“Thabo het toe vir Seanette weggetrek en toe sê Seanette: Ek maak die evidence dood hier van die polisie.

“Sy was toe stil gewees.”

Mnr. Kenny Pretorius tree vir die beskuldigdes op. Die verhoor duur voort.

Wat sal ‘n gepaste straf wees vir bogenoemde beskuldiges ?

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Posted on Augustus 25, 2011, in Afrikaner stomp. Bookmark the permalink. 2 Kommentaar.

  1. Vir verkragters – die mees gepaste straf – sny daardie ding af wat duidelik pla, stukkie vir stukkie, vryf petrol in wonde, seesout, battery acid, gooi spul rooimiere op die ding wat nou al seker bitterlik eina behoort te wees. 😉

    Vir moordenaars, maak die fokken gemors op dieselfde manier dood, as waarop hulle iemand vermoor, vermink het. Toon geen genade nie. Want al word die dood straf terug gebring, die moordenaars ontsnap so maklik en vinnig, nee as die gemors gevang word, doen dieselfde aan hulle as wat hulle aan onskuldige mense gedoen het!!! 🙄

    Vir kinderverkragters – kry so paar hoere, laat hulle die man …… oor en oor, die begin sal seker vir hom lekker wees, maar hulle moet hom klaar maak. Daarna kap jy af, en volg boonste idee. Met net meer rooi miere, hulle moet hom lewendig opvreet!!! Flokken gemors!!!

Sit 'n takkie op

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: