Ek word verslind

Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Pet 5:8). Ons stryd is nie teen sigbare mense nie, maar teen die bose geeste, as deel van die listige aanslae van die duiwel (Ef 6:11-12).

In my geval hol hy rond op twee bene en skree blou moord – want hy kan. En nee ek het nie ‘n kiddie wat tande sny of op die “terrible two” stadium is nie. Die is my “ander” buurman se 3 helsems. Hulle het meer as ‘n jaar terug die hel verlaat (of is uitgeskop) om ‘n nuwe hel op hul eie te bou, binne my veilige kompleks OP my agter stoep. Eish.

Die dag wat ou nick homself die trek lorrie hier in donner en al wat boomtak is saamsleep het ek geweet : HKGK. Ek het vir die drywer gesê die lorrie gaan nie onderdeur die bome kom nie. Ek het ook gesê hier is nie parkeerplek vir so moerse lorrie nie. Heel duidelik was daai twee gaatjies aan die kante van sy kop nie gemaak om klanke in te neem of te verstaan nie. So kon niemand in of uit nie terwyl meneer se besittings afgelaai word. Sy troepe se besittings lê natuurlik meer buite rond as wat dit binne die huis is. O ja – En dit alles gebeur op my verjaardag. Wat ‘n geskenk !

Een middag na werk ry ek die kompleks binne, oppad na my garage toe – tra la la la, net soos rooikappie, happy-happy.

Stop voor die garage en tra la la la word F@*@ wat de donner ! My garage deur het die skinkbord geword vir ‘n paar dosyn modderkoekies. Teen die tyd het ek al genoeg opgevreet en is gatvol vir die oogklappe opsit elke keer as ek sien watse gemors die bliksems aanvang en rond gooi. Troep 1 wat die naaste is word uitgek@k en aangesê om sy pa te gaan haal. “Sorry sir, I don’t understand Afrikaans”. WTF ? Ek herhaal die opdrag in engels en kort voor lank is meneer buite. Die skinkbord met koekies word opgedis en meneer antwoord: “They’re only kids”. Ek wil weet wie gaan dit skoonmaak en wie sal sorg dat dit NIE weer gebeur nie. “They’re only kids” is die antwoord. Stoom trek nou al by my ore uit en ek voel soos ‘n bul in Spanje wat ‘n straat gaan platloop. “Geen wonder die helsems word groot gemaak vir die galg nie. Disipline is nie in julle woordeskat nie. Ek sal hulle gatte roer.” En da raak meneer so effe ongemaklik. “Ek donner vir jou saam daai troepe”. Meneer en troepe verdwyn in hulle kaserne en ek gaan koel af met eish. Nog so enetjie ? Met eish ja. Sommer ‘n dubbel.

Agter in die kompleks, 5 meter van meneer en die troepe se woning staan ses 210 liter dromme waarin jy enige vullis kan gooi. Dit word een keer per week leeg gemaak. Selfde soos die gaatjies aan die kante van die kop is daar gaatjies aan die voorkant van die kop gevul met albasters. K@k sal elke dag ORALS rondlê. Blikkies, papiere, chips sakkies, plastiek bottels ens. Dit bring my by die vandalisme. Langs my garage staan ‘n Frangipani boom. Elke jaar oortrek met die pragtigste blomme. Vir die blomme om te groei moet daar takke ook wees, takke wat afgeruk word en saam met die gemors oralste gestrooi lê.

Nie lank terug nie kom ek weer tra la la la by die huis aan. Op die sement voor my garage is geskryf met klippe / bakstene / ???. Laat my dink aan sotte en dwase … Die eerste troep word nader geroep en voor ek iets kon uiter, “We didn’t do it, but we will clean it.” So skarrel troep 2 en 3 nader met ‘n emmer vol water en ‘n skropborsel. My oë tuur oor die kompleks en ek sien oralste nat kolle voor die garage deure en op mure. Iemand het my voorgespring en kla die uitk@k werk gedoen.

Dit is Sondag middag, rusdag. Rusdag vir sommige, NIE vir 3 helsems wat langs my woning op en af hardloop en skree nie. K@k rond gooi, klippe en halwe bakstene oralste in die oprit los. Die laaste paar Frangipani takke afbreek en op die plaveisel plant.

En jy wonder hoekom die land stadig maar seker wegsink in die kolk van  korupsie en moord ?

Advertisements

Posted on Augustus 28, 2011, in Allegaartjie. Bookmark the permalink. 6 Kommentaar.

  1. Skuus, maar ek moes smile 🙂 So jaar of wat terug bly ek ook in so ‘n kompleks. Oorkant my bly nice swart mense met goed gedisiplineerde kinders en ons groet mekaar gereeld en knoop soms ‘n geselsie aan. Toe word die man verplaas en hulle trek. En ‘n ander swart familie trek in, met so lekker stewige bulletjie en kleiner sussie. Van dag een af is dit probleme en ek sluk en sluk. Onthou nou, ek is nie rassisties nie, maar as dit ‘n wit kind was, sou ek hom EN sy ouers lankal bygeloop het. Maar nou is ek versigtig vir rasse-spanning. Tot op ‘n dag. Die outjie het met stokke sy pa se kar raakgeslaan en die elektriese boks geslaan en die lamppaal geslaan en heeldag sy bal gehop-hop-hop in die pad tot ek wou gil. Toe gaan die bal eendag teen my motor, wat IN my eie oprit staan. Ek loop uit en praat ordentlik en verbied hom om weer naby my werf te kom met die bal. Dit was nie 100 jaar later nie, toe hoor ek daai bal teen my garagedeur. Nou ja, as ek wil, kan ek ‘n goeie gelykenis van Daisy de Melcker wees. Ek storm daar uit en ek ruk sy bal uit sy hande uit en gaan totaal ballistic. Dit was laaste. Ek het sy bal gekonfiskeer en sy pa het hom geroep, my ‘n vuil kyk gegee, maar die kind het elke keer as ek uitkom, of by die huis kom, verdwyn. En ek het regtig nie ‘n veer verder gevoel vir rasseverhoudinge nie. Soms moet mens net ‘n terror wees 🙂

  2. Op my werf het ook ‘n vrou gewerk met ‘n kind. Eintlik dink ek die kind het net 3 kuier-sessies by my nodig gehad, dan sou hy oulik wees. Maar VOORBARIG is nie die woord nie. Hulle gaan weg van ons, so ek het nie die nodige aandag aan kind gegee nie. Ek en die kind is ook nie meer maatjies nie….. 😦

  3. hehehe… skuus ek lag maar dis uit moedeloosheid … sjoe ek weet nou waar kom jy vandaan Ek gun kinders die plesier van lekker speel, maar as dit ten koste van ander gaan is dit ‘n probleem.
    Ek hoop die man kry gou ‘n parlementêre pos dan kan die staat vir hom ‘n huis gee en dan kry jy ‘n gawe buurvrou wat kan koekies bak!

    • He he, ja nee. Ek het ‘n gawe buurvrou MAAR sy bak nie koekies nie…. MOUN net oor my musiek wat te hard is. 🙂
      Nog ‘n storie vir ‘n ander tyd – Die bliksems het nou die dag ‘n buisie Prit op my bakkie se bonnet getoets. Daai skool gommetjies word KLIP hard in die son ….. As hulle naby was toe ek die stront moes afwas,,, …

      • hehehe … dan het ek nie raad nie – miskien moet ek jou maar ‘n regeringspos en ‘n dowe tannie wat koekies bak, toewens?

        Ek was jare lank ‘n onderwyser en kan nie begryp dat mense nie hulle kinders beheer nie. Ek dink dis ‘n kwessie van respek, vir hulleself en ook vir ander mense!

Sit 'n takkie op

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: