Monthly Archives: Desember 2011

7 Aanwendsels / skandes / sondes ?? Siessa.

Eish … sommer baie eish ….

Toortsie het nou wragtag my uitgevang dat ek laaaanklaaaas ‘n stomp op my eie vuur gegooi het. So “tag” sy my om nou juis oor iets te skryf wat ek dink vir ander baie amusant en vermaaklik is BEHALWE vir die skrywer self. Hoe kry julle dit reg om sommer so vir die wêreld alles uit te blaker ? Siessa. 🙂

SO hier is my siessas:

1. La ek sommer afskop met iets wat julle kan laat gril.  As ek so op my eie sit en niks bydra tot die samelewing nie geniet ek dit om sulke lang taai snotte uit my neus te delwe met my duim … Van die duim word die snot verskuif na my wysvinger en dan grasieus deur die lug geslinger. As die skoot raak is hang die snot soos ‘n stalagtiet van die voordeur se veiligheidshek af.

2. As jy hier lees is jou maag sterk en kan ek sekerlik verbeter op Nr1. 😉  Ek poep verskriklik stink. My beste was ‘n 4 tree poep. (Vra as jy nie verstaan hoe ‘n poep gemeet word nie).

3. EK is suining… op myself. Vir my liefie sal ek BAIE meer $$$ uithaal as op myself.

4. EK is nie erg op klere nie en loop gereeld kaalgat rond in die huis. Dit is natuurlik erg as Nr 2 op die spyskaart is.

5. EK skree vir die BLOU BULLE !! He he. Nou nie dat ek ‘n Nafi houding het nie, ek like hulle kwaai !

6. As ek Teveel whiskey gedrink het saag ek ‘n balk middeltwee dat jy net sien saagsels spat. Dit is natuurlik nie goed vir Nr2 die volgende dag nie.

7. Die laaste is eintlik nie ‘n skande / sonde / aanwendsel nie, dis sommer net ek. Ek hou nie van ‘n noobab nie. Dit kan julle in elk geval aflei van my blog.

So ja … Mission completed. 🙂

 

 

Advertisements