7 Aanwendsels / skandes / sondes ?? Siessa.

Eish … sommer baie eish ….

Toortsie het nou wragtag my uitgevang dat ek laaaanklaaaas ‘n stomp op my eie vuur gegooi het. So “tag” sy my om nou juis oor iets te skryf wat ek dink vir ander baie amusant en vermaaklik is BEHALWE vir die skrywer self. Hoe kry julle dit reg om sommer so vir die wêreld alles uit te blaker ? Siessa. 🙂

SO hier is my siessas:

1. La ek sommer afskop met iets wat julle kan laat gril.  As ek so op my eie sit en niks bydra tot die samelewing nie geniet ek dit om sulke lang taai snotte uit my neus te delwe met my duim … Van die duim word die snot verskuif na my wysvinger en dan grasieus deur die lug geslinger. As die skoot raak is hang die snot soos ‘n stalagtiet van die voordeur se veiligheidshek af.

2. As jy hier lees is jou maag sterk en kan ek sekerlik verbeter op Nr1. 😉  Ek poep verskriklik stink. My beste was ‘n 4 tree poep. (Vra as jy nie verstaan hoe ‘n poep gemeet word nie).

3. EK is suining… op myself. Vir my liefie sal ek BAIE meer $$$ uithaal as op myself.

4. EK is nie erg op klere nie en loop gereeld kaalgat rond in die huis. Dit is natuurlik erg as Nr 2 op die spyskaart is.

5. EK skree vir die BLOU BULLE !! He he. Nou nie dat ek ‘n Nafi houding het nie, ek like hulle kwaai !

6. As ek Teveel whiskey gedrink het saag ek ‘n balk middeltwee dat jy net sien saagsels spat. Dit is natuurlik nie goed vir Nr2 die volgende dag nie.

7. Die laaste is eintlik nie ‘n skande / sonde / aanwendsel nie, dis sommer net ek. Ek hou nie van ‘n noobab nie. Dit kan julle in elk geval aflei van my blog.

So ja … Mission completed. 🙂

 

 

Advertisements

Posted on Desember 13, 2011, in Allegaartjie and tagged . Bookmark the permalink. 9 Kommentaar.

  1. Jy wen vir die sifste confessions!
    Goud en silwer.
    🙂

  2. ja nee kyk ek het lekker gelag, bietjie gegril vir die “snot” maar ek dink almal krap in hulle neuse , hang maar net af wat jy met die booger doen !
    almal poep maar van vier tree poep het ek nog nie gehoor nie , ek dink dit is dalk dat jy vier tree gee en die ding jou volg of so iets ? want `n poep is die skeefste ding op die aande, mik vir jou knieg en tref dan jou neus ! lekker dag en jy moet meer blog jong ! xx

    • Poep meet: Sodra die knaap jou agterent begin verlaat loop jy, elke tree wat die poep mee aanhou word getel. Dus: Beginne poep, loop 4 tree ver terwyl die makker homself van jou binneste verlos. 🙂

  3. Ek het die een nou baie geniet!! En ek moet bieg….my maag was fine tot en toe nommer 5!! jis, toe moes ek maar swaar sluk … siesa!! hahahahaha

  1. Terug pieng: Toe herders « OLGA SE OKSELTJIES

Sit 'n takkie op

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: