Monthly Archives: Mei 2012

WTF ? WDF ? Huh ? !!

‘Vroue, maak julself lelik om MIV te keer’

2012-05-15 07:21

 
 

Vroue moet hul koppe skeer, gewig verloor en slordig aantrek om minder aantreklik te wees as deel van maatreëls om die verspreiding van MIV te keer, het ’n Zimbabwiese politikus gesê.

 
The Herald het die naweek berig Morgan Femai, ’n MDC-lid, het tydens ’n slypskool aan parlementslede gesê MIV versprei vinnig omdat mans dit al hoe moeiliker vind om vroue te weerstaan.

“Ek stel voor dat die regering ’n wet deurvoer wat vroue dwing om hul koppe kaal te skeer soos wat die Apostoliese sektes doen.

“Ons het nog nooit gehoor dat dié mense (die sektes) losbandig is nie, so vroue moet hul koppe skeer.

“Hulle moet ook nie bad nie, want dit is wat al die probleme (die verspreiding van MIV) veroorsaak het.”

Hy het bygevoeg vroue moet besny word omdat “hul geslagsorgane klammer is”.

“Daar moet navorsing gedoen word oor hoe om dié klammigheid te hanteer omdat dit bakterieë laat broei.”
 
Advertisements