WTF ? WDF ? Huh ? !!

‘Vroue, maak julself lelik om MIV te keer’

2012-05-15 07:21

 
 

Vroue moet hul koppe skeer, gewig verloor en slordig aantrek om minder aantreklik te wees as deel van maatreëls om die verspreiding van MIV te keer, het ’n Zimbabwiese politikus gesê.

 
The Herald het die naweek berig Morgan Femai, ’n MDC-lid, het tydens ’n slypskool aan parlementslede gesê MIV versprei vinnig omdat mans dit al hoe moeiliker vind om vroue te weerstaan.

“Ek stel voor dat die regering ’n wet deurvoer wat vroue dwing om hul koppe kaal te skeer soos wat die Apostoliese sektes doen.

“Ons het nog nooit gehoor dat dié mense (die sektes) losbandig is nie, so vroue moet hul koppe skeer.

“Hulle moet ook nie bad nie, want dit is wat al die probleme (die verspreiding van MIV) veroorsaak het.”

Hy het bygevoeg vroue moet besny word omdat “hul geslagsorgane klammer is”.

“Daar moet navorsing gedoen word oor hoe om dié klammigheid te hanteer omdat dit bakterieë laat broei.”
 
Advertisements

Posted on Mei 15, 2012, in Allegaartjie. Bookmark the permalink. 7 Kommentaar.

  1. Dalk is dit om hulle onaantreklik vir die mans te maak?

  2. Really??

    Afrika is nie vir sissies nie . . .

  3. Ek is gelukkig lelik genoeg net soos ek is!

  4. 4k daardie Zim politikus. Vroue moet hulle self eerder bemagtig om hulleself kan laat geld teen ‘n stuk drek wat nie die betekenis van “NEE” ken nie.

  5. Burka’s is die oplossing! Jy kan geen moer uitmaak wat onder die doek sit nie… of dit iets aan die klammigheid gaan doen…. ?

  1. Terug pieng: Plekke waar ek (en ander blogmaats) al lekker gebly het | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Sit 'n takkie op

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: