Monthly Archives: Augustus 2012

Sewe dinge (7 !)

Nou ja. Hoendersop het my wragtag gekry om iets te plaas. Dankie Hoendersop  vir die pragtige “award” en die passie wat jy het om MY blog te lees. 🙂

So ruk terug (laas jaar) het ek al aan ‘n soortgelyke skrywe deelgeneem (fok, is blog ‘n sport?). 7 Aanwendsels .

Party het dit afgelag en ander het verstik aan die speeksel sliert na hulle van die toilet af gekom het.

 

So hier gaan ek:

  1. Ek was in drie verskillende laerskole en twee verskillende hoërskole. Dit was nogals sleg. Veral toe ek aan die einde van St9 my matriek in ‘n nuwe skool moes begin. Nuwe vriende ens …. glad nie maklik nie.
  2. Ek werk by ‘n maatskappy wat ‘n hele paar metale en ander goette uit die grond grou. Nogals naby aan die “bloed koppie”. En nee, ek is nie ‘n torchkoppie nie.
  3. Ek drink alles saam met ys, selfs my bier. Winter of somer.
  4. Ek probeer rooiwyn versamel, die oudste is gebottel in 1976 – my geboorte jaar.
  5. O ja, ek is natuurlik mal oor tjorre. Veral die wat met batterye of ‘n klein engintjie werk. In my studeerkamer is ‘n boekrak vol.
  6. Kom ek trap bietjie op tone… Ekke rook, lekker. Nie by my hol uit nie, sigarette. Die wat so kla oor rook, kla julle oor die trokke se rook ? Busse ? Diesel tjorre ? Dit is ook my reg om op ‘n sagte stoel in ‘n luukse restaurant te sit en aan ‘n sigaretjie te teug. Maar nee, fok jou jou vieslike roker – voertsek buitentoe en plak jou gat op ‘n hout bankie, ons het ongelukkig nie plysters vir die splinters wat in jou gat gaan steek nie. Vat so. Lekker in die nuwe SA, steel, maak dood, toi-toi… MAAR moet asseblief net nie rook nie.
  7. In matriek het ek waterpokkies gekry, een pokkie was so wragtag net daar waar hy nie moes wees nie. So oppie punt.

So ja, nou gaan ek die volgende top bloggers nomineer vir ‘n Reader appreciation award:

Iemand moet tog vir my verduidelik hoe daai “ping back” of so iets werk. Hoe kry hierdie mense hulle award kennisgewing ??

Dis hoe die speletjie werk:  (Hierdie stukkie het ek by iemand anders gesteel.  Dankie Soppie) Plagiaat 100%

  1. Kopieër en plak die toekenning op julle blog.
  2. Gee erkenning aan die wat dit vir jou gegee het deur hulle te link( of te tag of watookal met daardie kettingdingetjie)
  3. Skryf oor 7 van jou sondes, of 7 besonderse dinge van jouself, en
  4. Nomineer 5 ander bloggers vir die toekenning.
Advertisements