Monthly Archives: September 2012

People VS Government

Advertisements

Galbraak 2

So gaan my galbraak sessie verder.

Lees die pot stront: SA Dienslewering

Wdf ? Dink die stortkop ons is onnosel ? “Geen land kon die dienste lewer wat ons in 18 jaar gelewer het nie,”

Presies, julle spul ANC etters kon fokol regkry en fokol lewer nie. Dienste my gat. Nou die dag moes ek her-aansoek doen vir my vuurwapen lisensies… Vingerafdrukke word nog met ink geneem (nugter weet hoekom hulle ELKE keer moet afdrukke neem) en dan is daar FOKOL seep om jou hande te mee te was nie. Ons paaie is opvrot. Ek praat nie eers oor die krag situasie nie. Eskom Stres.

Plaasmoorde. WAT het die regering gedoen om die moorde te laat verminder ?

Moord1.  Moord2.  Moord3.

Grond hervorming. Waar het die “nuwe” eienaars ‘n volslae sukses behaal ?

En dan het die uwe stortkop die vermetelheid om te sê die probleme is apartheid se skuld ? Jou moer man.  Jy kos ons belastinbetalers R103 544 000 elke jaar. (Sien Huisgenoot 6 Sept 2012). En dan wil jy die pot kak kom kwytraak ?

Dubbel whiskey en ys asseblief ….. Sommer ‘n rennie ook om die gal mee af te spoel.

 

 

 

Galbraak

Dagsê. Dit is loslit dag en meeste van die mense waar ek werk het moeite gedoen om “anders” te lyk. Baie is see rowers, kapteine en een het wragtig soos ‘n boer aangetrek. Verbeel jou, Vellies, hoog opgetrekte kouse, kam in kous, kortbroek met kruisbande wat oor die pens span, breërand hoed en pyp in die mond. O ja, bekfluitjie in die gatsak. Al wat uitstaan is die swart vel.

Maar ek wil galbraak. http://afrikaans.news24.com/Afrika/Nuus/Zim-wil-miljarde-by-SA-leen-20120907

Ekskuus ? Hierdie fokken sirkus word net al hoe groter ? Daar is nie meer een of twee hoof narre nie, daar is BAIE.

Ek haal aan uit die berig: Die Zimbabwiese regering moet voor die einde van die jaar R3 miljard bekom om jaarlikse bonusse te kan betaal. Wie en watse bonusse ? Watter een van daai spul etters het GEWERK om ‘n bonus te verdien ? Fok. Hulle jaag al die wit boere weg, fok die land op en verwag ‘n ander land moet help om hulle fokken BONUSSE te betaal ? Etter.

Nou gaan ek rook, vuurmaak en ‘n lekker vleisie braai. Viva Loslitdag !