Is jy spyt ?

Advertisements

My bloed kook

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Geskiet-terwyl-hy-pleit-20120423

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-verkrag-toe-drie-plaas-aanval-20120423

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-veg-om-lewe-na-skoot-20120420

Hierdie is vanaf laas naweek – En dit is net wat oor berig word.

Ek kan die bloed hoor suis in my ore …

Why did the British wear red coats in battle?

 

 

 

During the recent royal wedding, the millions around
the world saw that Prince William chose to wear a
uniform that included the famous British “red coat.”

                   Many people have asked, “Why did the British wear red
coats in battle?”

 A long time ago, Britain and France were at war.
During one battle, the French captured a British
Colonel. They took him to their headquarters, and the
French General began to question him. Finally, as an
afterthought, the French General asked, “Why do you
British officers all wear red coats? Don’t you know
the red material makes you easier targets for us to
shoot at?”

                   In his casual, matter-of-fact, way, the officer
informed the General that the reason British officers
wear red coats is so that if they are wounded, the
blood won’t show, and the men they are leading won’t
panic.

                   And that is why, from that day forward, all French
Army officers wear brown trousers.
 

Slegste dag in die geskiedenis

Suddenly pink jerseys are not that bad

 Image

Kwesbaar

Soos die wintertjie begin naderkom en ek hom vroegoggend begin ruik so begin die jaglus ook naderkom. Deesdae is dit ʼn gesukkel vandat Jaap sy jagplaas verkoop het. Ons het so lank daar gejag dat ek al sekere bome in die veld begin herken het en nee, ek praat nie van maklike herkenbare groot bome nie, ek praat van bome en bosse soos daardie struik waaronder die rooibok eendag ingeval het nadat die koeël hom getref het.

Ek kon nie verstaan hoekom die bok nie lê waar ek hom soek nie. Op die gids se “dis mis” het ek hom net aangegluur. Ek weet wanneer ek droog maak en hierdie was nie een van daardie kere nie. Gelukkig het die bok ʼn laaste stuiptrek skop gegee en met ʼn “Hau.…!” het die man die mooi knykoprooibok onder die bos uitgesleep.

Hoekom dit ʼn gesukkel is omdat ek nie deur al die jare wat ons by Jaap gejag het, regtig kontak opgebou het op ander jagplase nie. Nou is dit elke keer ʼn gerondvallery tussen onbekende plekke en meer nog, onbekende mense. Een ding wat nie twee is nie is dat hierdie wildbedryf vir ons gewone biltongjagters maar baie vol slaggate is welke gate maar gevul is met ʼn paar vreemde kreature. Verstaan my mooi, ek wil nie veralgemeen nie, maar wragtag, ek is al in die paar jaar wat ons nie meer by Jaap jag nie ʼn paar keer lekker ingeloop. Dis ingeloop, al is daar oor en weer korrespondensie, jagkontrakte, skriftelike bevestigings, you name it , in plek.

Jy sien, die probleem is afstand. As die jagter eers daar aangekom het, na ʼn moerse vêr geryery, dan het die kreatuur jou aan die, hoe sal ek dit nou stel, teer plekkies, beet en kan hy redelik hard druk. Hoe vêrder jy gery het hoe sterker maak jy sy hand. Skielik is die vooraf gereelde 4-springbokke en 1-gemsbok per jagter nou slegs een springbok per jagter en 2-gemsbokke vir die hele groep van 6. Help jou veel jy pluk die papiere uit, daai papiere help jou net niks as jy bykans 900km van die huis af sit nie.

Of skielik, word die vark wat jy geskiet het se tande benodig vir iets (lees: iemand) en al soek jy nou al jare na so vark, is dit net hoe dit is. Of skielik is ʼn dier baie duurder, of daar is nou minder gidse, of die yskas werk eenvoudig nie. So kan ek op die lysie aangaan en aangaan en ek is seker elkeen wat hierdie lees, as hy/sy elke jaar jag, het ook sy eie stuiwer om by te gooi.

Wat my bekommerd maak is dat uit elke drie jagtogte daar minstens een so kreatuur was wat met voorbedagte rade jou na sy plaas gelok het. En elkeen los so bitter gevoel in die bek, in die nersderm, of laat jou bloed en pensmis meng. Eerder as om goeie herinneringe van jou jag, waarna jy al van die einde van die vorige seisoen uitgesien het, te hê, is die teendeel waar.

Maar eintlik dwaal ek af. So wanneer ek die winterreukie kry begin ek ernstig jagplek soek. Ek lees my vereniging se tydskrif, ek lees ander verwante tydskrifte, ek gaan op die internet. Dit doen ek alles met groot afwagting en opgewondenheid.

Miskien is ons die jaar gelukkig en maak ons weer ʼn plaas vas waarheen ons jaarliks kan teruggaan. Waar die boer naderhand jou vriend word en waar wedersydse vertroue

onskendbaar bestaan. Waar hy jou aan die begin van die jaar bel en vra watter tyd hy vir jou groep moet oophou. Dis wat ons altyd by Jaap gehad het en dit was lekker. Jy was nie kwesbaar nie en hy het ook geweet dat die oggend wat jy ry, behalwe vir die gebruikte maar opgevoude beddegoed, die kamp so agtergelaat word soos jy dit op aankoms gekry het.

Dan begin die skokke. Die manne adverteer biltong jagte, maar dis seker vir buitelandse biltongjagters want wragtag, die pryse laat my en my tjekboek saam steier. Dis ʼn prys vir hout, ʼn prys vir afslag, ʼn prys vir die voertuig, ʼn prys vir oorslaap, ʼn prys vir die jagdag, en wragtag, by sommige selfs ʼn prys vir die ys en so gaat hulle voort.

Dan praat ek nie eers van die bokke nie. Party se pryse werk per elke sentimeter van die horing. Aai mense ek kom bok skiet, nie horings nie. Party vra per kilogram maar ô wee, maak tog seker hoe daardie kilogram bereken word. Nie almal het dieselfde definisie van karkas gewig nie. Ook besluit elke ou sommer op sy eie wat as ʼn trofee kwalifiseer. Geen Roland Ward  of SCI as standaard nie, nee dis eerder sy eie standaard. En boetie, maak ʼn foutjie en skielik word jy sommer aangeslaan om as trofee jagter bok, verblyf en dagfooie te betaal.

Ek dink nie ek is alleen in my denke nie. My mede jagvriende, almal ouens wat regtig nie ʼn sukkel bestaan voer nie maar ook nie Oppenheimers is nie, stem saam. Ek besef terdeë dat die boere moet geld maak. Maar kom ek gee bietjie die inset van ʼn  ou wat kom jag vir vleis:

  • Jy sien, gewoonlik gaan mammie nie saam nie. Sy bly by die huis en doen haar ding want sy gun jou die tydjie weg saam met die manne en, in my geval, dink ek partykeer sy sien meer uit na my jagtrip sodat sy bietjie van my ontslae kan wees. Maar jy gaan haar ook bietjie moet wegvat in die jaar;
  • Baie van die manne verkoop professionele tyd vir ʼn lewe. Daardie ure wat jy nie by die werk is nie se verlies aan inkomste is ure waarvan die koste onafwendbaar tot die totaal van jou jagpaket moet bygetel word;
  • Baie van die ander manne moet verlof neem. Onthou daar is nog mammie en kinders wat ook graag saam met pappie op verlof wil gaan;
  • Omdat jy nie verkoelingsgeriewe het nie en/of meer nog omdat jy nie tyd het om na jou  terugkoms jou eie vleis te werk nie, staan die slagter ook nog bakhand om sy aansienlike deel tot jou koste te voeg. Dis nie snaaks om nadat jy reeds baie geld vir jou bokke (en die gepaardgaande koste) betaal het nog die slagter se rekeningkie ook te moet betaal nie. Dis nie vreemd om ʼn slagtersrekening van etlike duisende rande te betaal nie. Onthou, weereens, mamma is ook nog daar en jy kan nie al die geld op jouself spandeer nie;
  • Dan moet jy nog daar kom, ammunisie koop, kos koop, drinkgoed koop ens, ens;
  • Om die som te laat klop kan jy eenvoudig nie net een bokkie skiet nie. Werk bietjie uit wat kos daardie rooibok, springbok of wat se bok ook al, as jy net een skiet;
  • As jy in die algemeen die somme maak, my ou maat, koop biltong by jou slagter, gaan skiet op die skietbaan ʼn paar uitsoek skote op een of meer van die papier bokke wat deesdae so volop is en vat mamma na een van die wildtuine toe om jou behoefte aan die veld te versadig. Jy gaan baie kleingeld oor hê!

Hoe meer ek die jaarlikse pryse beskou en al die ekstratjies wat bykom hoe meer voel ek ʼn woeling en ʼn bitterheid begin in my opwel. As dit so aanhou is dit nie lank nie of ek begin net met die verkyker en kamera jag daar op plekke wat regte jag verbode is. Ek begin ook al hoe meer besef dat die pryse van jag uiteindelik die ondergang van hierdie ongelooflike voorreg gaan wees. Dit gaan net eenvoudig te duur begin word om Jannie sy eerste bok te laat skiet en die spesiale gevoel van jag en alles wat dit bring, te laat ervaar. Hoe jammer is dit nie.

Miskien het dit tyd geword, vir ons kwesbares, om dan nou maar almal as ʼn eenheid en volgens die ou leuse van “Eendrag maak Mag” net vir een jaar glad nie te gaan jag nie. Miskien sal die manne wat ons so duur laat betaal, dan beter verstaan wat die biltongjagter werklik vir jag beteken.

Moenie my ma seermaak nie

Julius Malema koop ‘n kameel by Jan

Julius Malema koop ‘n kameel by Jan.

Julius vra:Hoe laat ek hom loop?

Jan se:As jy se yoh, dan loop hy, yoh yoh, dan galop hy, en yoh yoh yoh dan hardloop hy, en as jy hom wil laat stop, dan se jy EISH!!!!!!

So Julius klim op sy kameel en se YOH, en daar begin die kameel loop.

Hy se toe YOH YOH YOH, en daar hardloop die kameel met ‘n moerse spoed.

Toe sien Julius daar voor is ‘n afgrond en hy het vergeet hoe om die kameel te laat stop.

Net voor die afgrond se Julius EISH, hier gaan ek dood vandag!!

En daar stop die kameel, Julius leen vorentoe en sien hoe hoog die afgrond is, en se YOH….

“I want …”, “I want…” “I want…”

Goeie fok. Ek “want” ook meer geld, betaal my huis, gee vir my ‘n werks kar, gee vir my ‘n 100% bonus …

Wat soek die renoster ? “I want to be free and without fear, after all, you humans placed me inside your fenced borders.”

Nou staak die fokken sleg werf etters, oor sy tjommie meer geld kry. Fok die wild, fok die renoster. “I want …”

 

 

Ek is gatvol vir hierdie gespuis wat as “kroonwild” beskerm word. Ons diereryk is besig om uit te sterf, as gevolg van gierigheid, terwyl die “kroonwild” maak en breek en fokken staak. Kak man. REGERING, skrik, en skrik fokken wakker. As julle slapgat etters nie vinnig julle bliksemse ballas uit die stort kry nie – Is Suid Afrika in sy moer.

25000 lui moere staak by Impala oor: “I want …”, Impala is een van die wêreld se grootse produsente van platinum. Waar kom julle patete se blink karre en spog huise vandaan? Mynhuise soos Impala, Anglo, Lonmin, ensovoorts bring FOKKEN baie geld die land in. MAAR julle sit terug en laat ‘n pisgat unie, mense weerhou van werk. ‘n Arme ou swart tuinwerker se kakebeen word afgebliksem oor hy net sy dag takie wou voortsit. BARBARE.

In die skole word onderwysers met die dood gedreig as hulle ‘n sleg fokker se kind uit die klas jaag – Juis oor die sleg kind geen respek, dissipline of lus het om sy/haar kennis te verbeter nie. Swak. Pateties.

 

En ek sluit af met die link na ‘n ander blog inskrywing: http://knaphand.wordpress.com/2012/01/25/its-not-too-late-for-whites-to-say-sorry-for-apartheid/

Waaroor is ek jammer ? Vat ‘n raai ….

Sigmund Freud